Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die vier walvisse wat vanmiddag op Diasstrand uitgespoel het, het genade dood ontvang. Volgens Val Marsh van Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T) het die walvisse min tot geen kans op oorlewing nie. "Omstanders het hulle in die water probeer terugsit."
Marsh sê die department van landbou, bosbou en vissery het toestemming hiervoor gegee. Die strand bly voorlopig gesluit en 'n nadoodse ondersoek sal na verwagting more op die walvisse toegepas word.
Marsh vra dat vakansiegangers en inwoners die strand sal vermy. Die walvisse sal na verwagting begrawe word.
VERSKAFDE VIDEO'S (Video: Ronel Lochner):
Nie vir sensitiewe kykers, die beeldmateriaal mag dalk ontstellend wees.
Vorige artikel: Walvisse spoel op Diasstrand uit
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'