MOSSELBAAI NUUS - Mosterdsaadjie-voedingsprojek is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat maandelikse kospakkies voorsien aan die minderbevoorregte en werklose families in die groter Mosselbaai area.
Om geld in te samel word 'n geleentheid van musiek en klank aangebied met Lizette Janse van Rensburg op 30 September om 11:00 by die perseel van Woord in Waarheid-bedieninge, oorkant Langeberg Mall.
Die ingang is uit Parsonslaan in Voorbaai.
Benewens die toegang van R50 per persoon, word gevra vir skenkings van enige nie-bederfbare kos.
Daar sal verversings na die optrede beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'