MOSSELBAAI NUUS - 'n Verdagte wat deur die Mosselbaai-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe gesoek is, is op Sondag, 8 Januarie in Mosselbaai in hegtenis geneem en het intussen in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Die polisie het tydens die Desembervakansie die publiek se hulp gevra met die opsporing van Royden Hoole wat gesoek was vir ondervraging in 'n saak.
Die polisie bedank die publiek vir besonderhede wat bygedra het tot sy inhegtenisname.
Vorige artikel: Gesoek vir ondervraging
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'