MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai Besigheidskamer se vorige voorsitter, Fanus Truter, nooi belangstellendes om gerus die nuut-verkose Besigheidskamerkomitee tydens die volgende netwerk geleetheid op Dinsdag, 24 April te kom ontmoet.
Die nuwe komitee van die Mosselbaai Besigheidskamer is verlede week gekies. soos per uitnodiging hieronder en aangeheg.
Tydens die netwerkgeleentheid van 24 April gaan die personeel van die afdeling regsdienste van die Mosselbaai munisipaliteit ‘n voorlegging doen oor die voorgestelde nuwe drankverordeninge.
Baie dankie
Truter bedank voorts die lede van die Besigheidkamer wat altyd ondersteuning en insette gelewer het.
"Baie van julle het ons ondersteun op verskeie vlakke, onder meer deur ondersteuning tydens die twee suksesvolle konferensies, die bywoon van gereelde netwerkgeleenthede, borgskappe vir verskillende geleenthede, en betaal van ledegelde.
"Ander het bydrae gelewer tydens ons pogings om verligting te bring tydens die Knysna-brande, asook ons poging om water Kaapstad toe te stuur (40 ton gebottelde water) en ander het raad en insette gegee."
Truter het ook die mediaborge, munisipale leierskap en amptenary, asook die komitee wat die afgelope twee jaar baie nou met hom saamgewerk het.
"Dit was vir my 2 harde, maar tog lekker jare."
Nuwe komitee
- Dr Paul Kruger - Voorsitter: [email protected]
- Jan van Deventer - Ondervoorsitter: [email protected]
- Kelly Fourie-Barnard - Sekretaresse: [email protected]
- Marika Thomatos: [email protected]
- Werner Kock: [email protected]
- Albert Wiffen: [email protected]
- Nico Marais: [email protected]
- Mika Lutchman: [email protected]
- Johan Claassen: [email protected]
- Fanus Truter: [email protected]
- Raadslid Marie de Klerk verteenwoordig Mosselbaai munisipaliteit: [email protected]
Gekoöpteerde lede:
- Johan Nel; [email protected]
- Hennie Burger; [email protected]
- Jeanetta Marais hanteer steeds die administrasie: [email protected]
Belangstellendes wat die Netwerkgeleentheid Dinsdag by die 0m 18:00 by die Standard Bank Langeberg Mall wil bywoon, kan net met Jeanetta Marais skakel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'