MOSSELBAAI NUUS - Ridgeview Primêre Skool wil 'n mobiele biblioteek begin.
Die skool het donasies nodig in die vorm van boeke in Afrikaans, Engels en Xhosa, tydskrifte, koerante asook trollies en materiaal om die trollies van te maak.
Die hulp van handige manne wat hulle dienste gratis wil aanbied om te help met die maak van die trollies, sal waardeer word.
Vir verdere inligting of om te borg, kontak mev Marthinus (044 693 0030).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'