TUINROETE NUUS - Eden hengelassosiasie se derde hengelkompetisie het op 16 November plaasgevind, weereens te Kleinbrak, waar die toestande baie moelik was vir hengel.
Plettenbergbaai hengelklub het daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag en het 120.54 punte bymekaaar gemaak.
Die hengelaars het bymekaargekom by die Kleinbrak parkeerarea en het gehengel van 7:00 tot 15:00.
Die grootste oneetbare vis is ingeweeg deur Michael Bachle van Plett hengelklub en was 'n blou pylstert van 16kg.
Eden hengelassosiasie se puntestand was soos volg na die derde kompetisie:
A-liga
- Outeniqua 399.82
- Stilbaai 313.00
- Plett 289.87
- George 269.57
- Atlantic 196.23
- Triton 167.04
- Mosselbaai 47.53
B-liga
- Outeniqua 216.76
- Triton 116.56
- Stilbaai 78.21
- Plett 76.65
- Atlantic 61.16
- George 51.21
- Mosselbaai 39.13
C-liga
- Triton 26.39
- Outeniqua 22.03
- George 19.09
- Plett 5.01
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'