Video
MOSSELBAAI NUUS - 'n Plaaslike inwoner se passie vir motors het daartoe gelei dat hy vir 20 jaar lank foto's van voertuie versamel het en begin navorsing doen oor die agtergrond van elke voertuig.
Dit het daartoe gelei dat al die inligting tans in geskrewe vorm beskikbaar is as Voertuie van die twintiste eeu in Suid-Afrika.
Nico Mynhardt se passie het as jong seun begin toe hy by 'n kampeerterrein 'n ou Peugeot 203 afgeneem het en hy en sy swaer verskil het oor die spesifikasies van die voertuig. Mynhardt het toe begin navorsing doen oor die spesifieke voertuig en verskillende bronne gebruik.
Net daar het die gogga gebyt en tans sit hy met foto's wat hy geneem het van voertuie wat tussen 1900 en 1999 gebou is. Dit sluit plaaslike sowel as voertuie van ander lande in.
Volgens Mynhardt het hy by dit als nie net navorsing gedoen oor die voertuie nie, maar ook begin om die maatskappy wat die voertuig gebou het, ook op te soek en vas te lê op skrif.
VIDEO: Passie vir voertuie lei tot Afrikaanse boek
Soos 'n man nou maar is, het Mynhardt ook voorbeelde van voertuie versamel. Nie die regte voertuie soos op die foto's nie maar sit hy met 'n versameling van sowat 175 speelgoedmotortjies, bakkies, motorfietse, ossewaens en verskeie ander vervoermiddels. Een van sy spog motortjies is 'n model T-Ford wat uit seep gekerf is. Elsa, sy vrou het ook bydraes gemaak toe sy as onderwyseres by die skool motortjies opgetel het en met geen eienaar wat dit kom opeis, het sy dit vir haar man gebring.
"Die boek is egter nie op die rakke of as 'n hardebandboek beskikbaar nie aangesien dit volledig in Afrikaans is en ook nie sommer alledaagse onderwerp is nie." Mynhardt sê dit word gereeld opgedateer en verskeie versoeke kom van motoreienaars om spesifieke modelle na te vors. Tans is die boek in elektroniese vorm of gebinde bundel beskikbaar en enigiemand wat belangstel kan Nico Mynhardt kontak by 072 561 0262.
Nico Mynhardt se harde werk van 20 jaar wat hy verskeie voertuie van die vorige eeu vasgevang het vir die nageslag. Dit alles in Afrikaans.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'