MOSSELBAAI NUUS - Christiaan Theunissen, leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale, het as lid van die WP driegang- en WP vyfgangspanne, die afgelope week deelgeneem aan die nasionale proewe vir saalperdruiters op Riversdal.
Christiaan is in die driegang gekies as deel van die top 18 ruiters wat aan die finaal kan deelneem.
Vir die vyfgang is Christiaan verkies tot die junior Protea vyfgang ruiterkunsspan wat later vanjaar in Upington gaan deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'