Maja Snyman van Glentana het die afgelope maand groot sukses behaal by twee nasionale kompetisies waaraan sy deelgeneem het.
Die grootste een was South African Championship of Performing Arts (SACOPA) onlangs in Rustenburg en die ander een, was Talent Africa in Kaapstad.
Sy het as algehele wenner van beide die kompetisies weggestap en verskeie toekennings ingepalm vir onder andere viool, klavier en sang.
Maja is gekies om in Julie 2023 saam met die Suid-Afrikaanse span na die wêreldkampioenskappe in Los Angeles (WCOPA) te gaan om daar te gaan deelneem.
Daar is ook ander deelnemers uit die Tuinroete, soos onder andere Christo Esterhuizen, Anushka Henning, Veronique Ferndale en Brandon Swart wat vir die Suid-Afrikaanse-span gekies is om Los Angeles toe te gaan.
Maja wil graag haarself en haar titel as Junior Grand Performer van SACOPA 2022 aanbied om soveel geld as moontlik in te samel vir die hele span deelnemers van hierdie omgewing. Al die geld wat ons insamel, sal verdeel word tussen die deelnemers van die Tuinroete.
Dit sal nie net gelykop verdeel word nie maar volgens die behoefte van elke individuele deelnemer.
Indien mense geld wil skenk vir die Tuinroete se mense wat WCOPA toe gaan, kan hulle Maja se ma, Annerie Snyman (anneriesnyman1@gmail.com) of Karen Kretschmer (karenkretschmer@gmail.com) van Alive Life Talent kontak. Maja en die hele span, kan ook vir optredes gebruik word. Kontak Annerie of Karen ook daarvoor.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'