MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum se Snuffel-hoekie, propvol witolifante, het op Maandag, 5 September, geopen en sal daarna slegs oop wees op datums wat vooraf geadverteer word.
"Wat kan dan nou lekkerder wees om hier rond te snuffel en na al die interessanthede te kyk."
Moontlik kom jy op iets af waarvoor jy al baie lank soek. Loer sommer ook by die boetiek in wat op Maandae en Woensdae van 09:00 tot 11:00 oop is. 'n Besoek aan altwee dié plekke beloof 'n heerlike uitstappie.
"Baie dankie aan al ons donateurs vir hul skenkings om hierdie moontlik te maak. Ons aanvaar steeds enige iets in en om jou huis waarvoor jy geen nut het nie en waarvan jy al geruime tyd wil ontslae raak. Kenani kan dit nuttig aanwend.
"Indien jy met enige items kan help, skakel 044 690 3204 gedurende weeksdae tussen 08:00 en 15:00".
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'