MOSSELBAAI NUUS - Sewe nuwe klaskamers is vandag, 2 Maart by Laerskool Hartenbos ingewy tydens ‘n groot feesviering waarby verskeie eregaste onder meer die hoof van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, Brian Schreuder asook van die skool se oud-skoolhoofde betrokke was.
Nie net het die skool deur hierdie uitbreiding hul toekomsgerigtheid om meer leerders te kan akkommodeer te kenne gegee nie, maar ook hul leuse vir 2021 naamlik, Ons is die toekoms, gestand gedoen.
Verder, is die skool se vier sportvelde vandag amptelik vernoem na oud-skoolhoofde, waarvan mnr Danie Ackerman (1972-1994) een is. Ackerman het gesorg vir groot vooruitgang by die skool tydens sy jare as skoolhoof en was ook verantwoordelik vir die aanplant van ‘n groot aantal van die skool se bome wat die huidige sportvelde omsoom.
Die skool se boomplantprojek is ook vandag van stapel gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'