Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Beeldmateriaal van ‘n man in ‘n wit voertuig wat ‘n kat in Heideweg in Danabaai vanoggend, op Donderdag, 8 September uit die voertuig laat spring en toekyk wanneer die kat weghardloop, het inwoners woedend.
Die beeldmateriaal is deur ‘n kamera van inwoner, Marius Opperman geneem.
Dit duur ongeveer drie minute maar Opperman sê die voertuig was vir altesaam bykans 10 minute langs die pad geparkeer. Dit wys hoe die voertuig langs ‘n oop erf langs die pad stop.
Die man maak dan die voorste linker passasiersdeur oop, en staan halflyf in die voertuig.
Hy maak daarna die linker agterdeur oop en staan weer halflyf in die voertuig voordat hy na die kattebak stap en dit oopmaak.
Daar kan dan gesien word hoe die kat vinnig uitspring voor die man die kattebak toeslaan.
Die kat staan dan langs die voertuig en die man beduie met sy arm maar wend geen poging aan om die kat te vang nie. Daarna hardloop die kat oor die pad en in die straat af.
Die bestuurder staan steeds langs die voertuig voordat hy inklim en wegry. Die omstandighede van die voorval is nie tans bekend nie. Die voertuig het ‘n CBS-nommerplaat met ‘n kort nommer maar dit is nie leesbaar op die beeldmateriaal nie.
VIDEO - Man laat kat uit die voertuig spring ( Video: Verskaf, Marius Opperman).
VIDEO - Man eers halflyf in die voertuig met kat ( Video: Verskaf, Marius Opperman).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'