MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers gaan op Saterdag, 12 September die Jerusalema dans doen. Enigeen is welkom om die geleentheid by te woon en saam te dans.
Die byeenkoms vind by die Hartenbos-strandverhoog plaas en die eerste dans begin om 15:00.
Organiseerders van die byeenkoms vra inwoners om in hul massas aan die geleentheid deel te neem en ‘n ligblou T-hemp te dra. Deelnemers kan ook kleurpoeier saambring wat tydens die dans gegooi gaan word.
Organiseerders vra inwoners om hul gesigmaskers te dra en om sosiale afstand te hou.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'