MOSSELBAAI NUUS - 'n Egpaar van Danabaai wat bekend is vir hul groen tent en die pannekoeke wat hulle buite die Fraaiuitsig Pick n Pay bak en verkoop, gaan op 5 November alle verkope se wins afstaan aan plaaslike boere wat erg onder die droogte gebuk gaan.
Volgens André en Ann du Toit het hulle gesien hoe plaaslike boere water by die Fraaiuitsig Pick n Pay kom koop.
Na 'n geselsie met van die boere het hulle agtergekom dat daar menige boere van die omgewing is wat ook gebuk gaan onder die droogte.
Water is skaars en sommige van die plase het geen water nie. "'n Plan moes ons maak. Ons weet dat die droogte landwyd 'n probleem is, maar sal graag ons plaaslike boere wil help, hoe gering ook al," sê André.
Hulle leuse is: "Gooi hom, rol hom, eet hom". Pannekoeke verkoop teen R5.50 elk. "Kom ondersteun hierdie poging ten bate van ons boere."
Plaaslike boere wat ly onder die droogte kan gerus met André kontak maak. Vir enige navrae en voorafbestellings vir pannekoeke kontak André of Ann du Toit (084 757 1137 of 044 698 1166). Besoek gerus hul facebookblad, Die Groen Tent.
Ann du Toit hier in die groen tent besig met pannekoek verkope.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'