Sponsored Content
SAKENUUS - Hartenbos Apteek bestaan nou 32 jaar onder leiding van Gerda Visagie en haar span.
Sy sê dit is 'n lang en immer aanhoudende proses van konstante skaaf, skuur en vernuwing aan haarself om by die bestanddele waaruit The Local Choice Hartenbos Apteek nou bestaan, te kom.
Die Apteek bestaan huidiglik uit die volgende krities belangrike komponente nl:
- Die Oorkoepelende Beskermings Vors, ons Hemelse Vader, waarsonder NIKS moontlik sou wees nie.
- Samewerkende, liefdevolle personeel en kollegas wat vir mekaar omgee en hul kliënte se lief en leed deel. Voorwaar 'n diverse span, en elkeen bring sy eie talente en passie na die “tastebuds” van die kliënte en hul mede-kollegas.
- Jarelange, lojale kliënte wat al 32 deel is van ons lewe,waartydens ons die voorreg gehad het om verskillende generasies te bedien en te sien hoe kinders en kleinkinders vóór ons groot word en wie se kinders ons nou bedien! Wat 'n ‘warmhart’ gevoel en voorreg! Dan die duisende nuwe kliënte en besoekers wat oor die afgelope 32 jaar by ons aangesluit het en ons platvorm van bediening elke dag help verbeter en ons met hul besoeke geliefd en gewaardeerd laat voel, ons brandstof vir die volgende dag. Kliënte wat ons op intellektuele, emosionele en geestelik vlak daagliks laat groei, sodat ons ons Godgegewe doel nl. om 'n verskil te maak en 'n dienaar te wees, kan volbring.
- 'n Estetiese, mooi, gasvrye en vriendelike apteekomgewing. 'n Plek waar jy beter voel nog voordat jy die eerste pil gedrink het. Gerda vertel hoe sy eendag vir 'n dame gevra het of sy haar kan help en sy die volgende geantwoord het: ”Ons is van Williston,waar ons al 7 jaar gebuk gaan onder droogte, alles swart gebrand is en ek het my man gevra om my net bietjie by Hartenbos Apteek te kom aflaai, sodat ek net tussen al die mooi goedjies kan rondloop, net bietjie kan “wees”, lag en krag ontvang vóór ons weer terugry. Gerda sê verder dat hierdie mooi Apteek, waarmee die Here hul onverdiend mee geseën het, 'n lafenis vir 'n moeë, gejaagde en stressvolle samelewing móét wees, dieselfde gevoel hê as jy saans by die veilige, koester omgewing van jou huis instap.
Sy sluit af deur te sê hul strewe is, om al hul kliënte d.m.v. al die platvorms tot hul beskikking; hul 12 000 volgelinge op facebook, Sfm 90.1 radiostasie, gemeenskapsforums en binne die Apteek self, op hoogte te hou van die nuutste én soms oudste relevante gesondheidsinligting en sodoende elke kliënt 'n kans op 'n beter, energievolle lewe te gee, want A HAPPY LIFE IS A HEALTHY LIFE!
Stem hier: https://www.bestofsouthafrica.co.za/mossel-bay/best-of-mossel-bay-vote/
Apteek personeel.
Hartenbos apteek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’