Advertorial Gallery Video
BESIGHEIDSNUUS EN VIDEO - Wimpie Germishuys, sy vrou, Anneline en pa, Willie Germishuys het hulle besigheid CBS Body Works, in Augustus 1992 met slegs een paneelklopper, 'n spuitverwer en 'n skuurman asook net die basiese toerusting hier op Mosselbaai begin.
Wimpie en Anneline se seun, Hardus en dogter Janeale het later ook by die span aangesluit.
FOTOGALERY: CBS Body Works familiebesigheid spog met 26 jaar diens
Vandag, 30 jaar later het hierdie familiebesigheid gegroei tot een van die gesogste paneelkloppers in Mosselbaai. Tans spog dié familiebesigheid met 21 personeellede en al die nuutste tegnologie en ervaring wat nodig is om 'n kwaliteitdiens aan Mosselbaai en omliggende areas te voorsien. Een van die personeellede spog met 26 jaar diens terwyl verskeie ander reeds meer as 10 jaar diens by CBS Body Works het.
CBS Body Works het 16 goedkeurings (approvals) van voertuie wat onder waarborg is om paneelklopwerk op uit te voer en werk nou saam met al die versekeringsmaatskappye met wie daar ook oor die jare uitstekende verhoudings opgebou is. Dit goedkeurings sluit in: Ford, Isuzu, Opel/Chev, Hyundai, Kia, Nissan/Datsun, Toyota, Honda, Mahindra, Suzuki, Mazda, GWM/Haval en Renault.
Die Germishuys-familie, Wimpie, Anneline, Hardus en Janeale bedank elke kliënt, versekeringmaatskappy en makelaar vir getroue ondersteuning deur die jare. 'n Groot dankie gaan ook aan al hul personeellede vir hulle getroue en toegewyde diens.
CBS Body Works wil voortbou op goeie diens en sal daarna strewe om by te hou met moderne tegnologie in die bedryf en die toepassing van gesonde familiewaardes.
"Laastens groot dank aan ons Hemelse Vader."
Kontak CBS Bodyworks by 044 695 0758.
VIDEO - CBS Body Works na 31 jaar steeds uitnemend (Video: Jannie du Plessis).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'