Koos Esterhuizen van Reebok skryf:
Ek wil graag glo dat ek namens elke inwoner van Mosselbaai en omliggende gebiede praat wanneer ek ons munisipaliteit loof vir die voltooiing van die hoofroete se ingang na Mosselbaai.
Dit is 'n absolute plesier om nou in en uit Mosselbaai te ry.
Die verkeersvloei is puik, en die verbreding van beide die ingaande en uitgaande bane is 'n welkome verbetering. Dit was absoluut die moeite werd om die ongerief en frustrasie tydens die padwerke te verduur.
Wel gedaan aan Mosselbaai-munisipaliteit en die kontrakteurs wat by die projek betrokke was vir die uitstekende werk.
Ons is reeds die beste in die land, maar nou glo ek ons gaan die ligte uitskiet, by wyse van spreke.