Bessie Badenhorst, voorsitter van Kenani se beheerraad, skryf:
Hier by die Kenani Dienssentrum vir Bejaardes is ons vlytige vingers reeds hard aan die werk aan ons volgende projek, met die winter al weer om die draai.
Ons help die gemeen-skap van Niekerkshoop, wat op hierdie stadium baie swaar kry, om toegerus vir die winter te raak.
Ons brei onder andere sokkies, mussies, serpe en handskoentjies.
Indien van ons lesers graag by ons projekte wil betrokke raak deur wol te skenk, sal ons dit so baie waardeer.
Dit kan by Kenani se kantoor afgegee word.
'n Groot dankie aan Mosselbaai se gemeenskap wie se hande in die verlede altyd so oop was om by te dra.
Vir enige navrae kan Riana van Kenani by 044 690 3204 geskakel word.