Anoniem van Mosselbaai skryf:
Ons munisipaliteit werk. Wat 'n voorreg om hier te bly.
Ons bly in Heiderand-Oos en sukkel met 'n verouderde rioolstelsel wat die laaste paar jaar al gereeld verstoppings veroorsaak. Dis ongerieflik en meestal op die onmoontlikste tye.
Die munisipale aanmelding-stelsel is deurgaans puik. Dieselfde dag nog word 'n span uitgestuur.
Mnr. Sutherland en sy span maak toe die voorstel om tyd te spandeer en die oorsaak te bepaal. 'n Yslike boomwortel versper toe byna 80% van die rioolpyp.
Die kameraderie tussen die manne wat hier gewerk het was 'n riem onder die hart.
Die respek wat hul openbaar het om met jou infrastruktuur op die erf te peuter en die min-ste ongerief te veroorsaak is merkwaardig. Om my potplante versigtig met die hand veilig weg te skuif staan nie op 'n werkskaart nie.
Julle is 'n span op wie die munisipaliteit voorwaar trots kan wees.
Baie dankie dat julle verder gedink het en sommer ons pro-bleem opgelos het. Ons gaan julle geselsies mis.