Erica Freeze van Mosselbaai skryf:
Ek wil graag vir verkeers-beampte Deon 'n baie groot dankie sê. Hy het tot ons hulp gekom toe ons voertuig op Vrydag 20 Februarie in spits-verkeer in Louis Fourieweg gaan staan het.
Ons kon die voertuig nie weer aan die gang kry nie en dit blyk toe dat die battery ingegee het.
Deon het sy voertuig agter ons parkeer en die verkeer beheer. Hy het ook op sy selfoon om hulp gebel.
Intussen het 'n pa en sy seun van Curro ons kom help deur die voertuig uit die pad te probeer stoot. Baie dankie aan julle. Julle het verdwyn toe ander hulp opgedaag het en ons kon julle nooit bedank of julle name vra nie.
Deon se pa, Selwyn, het met sy voertuig gekom en Deon het die motor weer aan die gang gekry sodat ons uit die verkeer kon kom.
Baie dankie, menere, vir julle onbaatsugtige hulp. Dit word hoogs waardeer.