Intussen vrees haar ouers, Samuel Hansen (42) en Louisa Witbooi (32), die ergste nadat die liggaam van 'n vrou in Wolwedans, 'n paar honderd meter van waar Elouise gewoon het, gevind is. Weens die gevorderde proses van ontbinding, kon die liggaam nog nie uitgeken word nie.
Kinders wat in die beboste area langs die Wolwedans-woongebied gespeel het, het op die lyk afgekom.
Polisielede het onlangs DNS-toetse op Elouise se ma gedoen om dit met die DNS van die liggaam te vergelyk.
Die vermoede bestaan dat die oorledene verkrag en vermoor is, maar dit kon teen druktyd nog nie bevestig word nie.
'n Tekort aan leidrade op die toneel is 'n struikelblok in die ondersoekspan se pad en die polisie wag tans vir uitslae van die nadoodse ondersoek.
"Ek mis my kind," het 'n hartseer Samuel aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
Elouise, 'n leerder aan die Groot-Brakrivier Sekondêre skool, se selfoon is sedert haar verdwyning af en geen familie of vriende kon nog met haar kontak maak nie. Sy het op 8 Oktober haar 15de verjaarsdag gevier. Louisa vertel haar dogter se droom was om na skool 'n modeontwerper te word. Elouise is die Witboois se enigste kind.
Klik hier vir 'n vorige artikel.

Elouise Witbooi. Foto verskaf

Louisa en Samuel voor hul huis in Wolwedans.

Die ondersoekbeampte in die saak, kst Wesley Louw, sit op
Elouise se bed met 'n foto van haar.
ARTIKEL EN FOTO'S: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'