Opvolg: Vrou in hof vir moord op eggenoot

Generiese foto.

MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vrou van Mosselbaai het op Donderdag 20 April in die Mosselbaai Streekshof in verband met die moord op haar eggenoot verskyn.

Die 62-jarige verdagte, Anna du Plessis word daarvan beskuldig dat sy op 7 Mei, 2015 haar 49-jarige man, Martin du Plessis, in hul woning in Heiderand met ‘n .38 rewolwer doodgeskiet het.

Volgens die Mosselbaai polisiewoordvoerder, Pieter Koekemoer, is polisie op die nag van die moord, kort voor middernag na die egpaar se woning uitgeroep.

Koekemoer sê du Plessis is een keer in sy bors geskiet. Die egpaar was glo kort voor die moord in ‘n rusie betrokke.

Du Plessis is op die toneel dood verklaar.

Op Donderdag is die saak na 9 Mei uitgestel vir ‘n pleitooreenkoms.
 
 
Meer inligting volg soos dit bekend word. 
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser