MOSSELBAAI NUUS - Die hoof van Mosselbaai Brand en Rampbestuursdienste, mnr Joseph Johnston het bevestig dat 'n brand wat vanmiddag by Grootbrak Hoogte ontstaan het, onder beheer is en dat opruimingswerk tans aan die gang is.
Die brandweer is bygestaan deur lede van die area se brandbestuurseenheid (FMU), en groot waardering is uitgespreek vir hul flink optrede om die brand, wat skynbaar langs die R102 aan die voet van die area in die omgewing van die plaas Rondeheuwel ontstaan het, te blus.
Volgens inwoners is dit die derde keer dat die gemeenskap ingespring het om 'n brand te blus.
Die FMU beskik onder meer ook oor hul eie waterkar en pype en het reeds lof van die Brandbestryders ontvang vir die flinke wyse waarop hulle telkens reageer om brande in die omgewing te blus.
Gareth Marsh bedig om brand te help blus in Grootbrak Hoogte nou. Foto: Laura Gow
Volgens inwoners is dit die derde keer dat die gemeenskap ingespring het om 'n brand te blus.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'