Translate to: 

Uitsonderlike diens by munisipaliteit geloof

Uitsonderlike diens by munisipaliteit geloof
Die direkteur: gemeenskapsdienste van die Mosselbaai munisipaliteit, mev Elize Nel (links), saam met die beamptes wat verantwoordelik is vir die lisensiekantoor.
MOSSELBAAI NUUS - Een beampte verbonde aan die Mosselbaai-munisipaliteit se uitsonderlike dienslewering het so wyd kommentaar op sosiale media ontlok dat geen geld aan die positiewe bemarkingswaarde daarvan gekoppel kan word nie.
 
Esther Jordaan het op facebook rapporteer dat sy en haar man onlangs hul voertuigregistrasies by die Mosselbaai-munisipaliteit se lisensie-afdeling moes gaan uitsorteer,
 
"Al drie keer was ons binne 15 minute gehelp en is verduidelik presies wat benodig word. Ek weet nie wat die dame se voornaam is nie, maar haar van is Johnson (Jansen) - sy is 'n absolute ster en het ons gehelp om deur al die prosesse te seil sonder enige haakplekke. Mosselbaai, julle is die enigste munisipaliteit waar ons nog ooit in ons lewe sulke uitstekende diens en vriendelikheid ontvang het. Al die personeel is uiters vriendelik en behulpsaam."
 
Jordaan het gevra dat haar kommentaar op die Mossel Bay Advertiser se facebookblad geplaas moes word, en binne dae is haar opmerking deur meer as 15 000 mense gelees.
 
Juanita Jansen, die betrokke beampte, sê beskeie sy kan nie die Jordaans spesifiek onthou nie. "Dis maar hoe ons al die lede van die publiek hanteer."
 
Die direkteur van gemeenskapsdienste, mev Elize Nel, het die beamptes van die lisensie-afdeling bedank vir die flinke wyse waarop hulle die publiek van hulp is, en bygevoeg dat goeie dienslewering die norm is. "Baie dankie dat julle deur goeie dienslewering die munisipaliteit, en spesifiek hierdie afdeling, se naam hoog hou."
 
 
Die direkteur: gemeenskapsdienste van die Mosselbaai munisipaliteit, mev Elize Nel (links), saam met die beamptes wat verantwoordelik is vir die lisensiekantoor. Langs mev Nel is Juanita Jansen, die toesighouer wie se goeie dienslewering deur 'n leser lof toegeswaai is. Die res van die personeel wat vir hul uitsonderlike diens geloof word, is Whitney Steenberg, Dudley October, Bryoné James, Clive Hartzenberg, Lucinda Desha en Rodney Volkwyn. Foto: Nickey le Roux.
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'
16:04 (GMT+2), Tue, 18 April 2017
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

The Shack is based on the New York Times best-selling novel with over 22...
Now that Dom and Letty are on their honeymoon and Brian and Mia have...
Oscar winners Morgan Freeman (Million Dollar Baby), Michael Caine (The...
Martin Scorsese's Silence tells the story of two Christian missionaries...
Smurfs: The Lost Village is a 2017 American 3D computer-animated adventure...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
The Mossel Bay Municipality plans to extend the current airfield to a fully-fledged regional airport. Will this be a positive development for the town?
YES: It will boost tourism and, as a result, the economy
Mossel Bay Advertiser 40%
NO: The increased noise levels will be unacceptable.
Mossel Bay Advertiser 60%
Men
Women
Search
I'm a 33 year old man looking to meet men and women between the ages of 18 and 50.
I'm a 53 year old man looking to meet women between the ages of 38 and 51.