MOSSELBAAI NUUS - Vandag, Woensdag 9 Januarie, is dit terug skool toe en hoewel daar sekerlik ouers is wat 'n sug van verligting slaak, is daar ook groot opgewondenheid onder die graad 1-leerders wat hulle skoolloopbane gaan begin.
Rian en Anel Brandt is baie trots op klein Leroux wat vandag sy eerste tree by Laerskool Park gaan gee.
Leroux Brandt is uitgevat en gereed om Woensdag sy skoolloopbaan by Laerskool Park te begin. Foto's: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'