Groot opwinding by Buffalo Rally-massarit

Duisende mense het hulle vandag in Mosselbaai verwonder aan die honderde motorfietse wat deur die strate gery het.

MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Duisende mense het hulle vandag in Mosselbaai verwonder aan die honderde motorfietse wat deur die strate gery het.

Oud en jonk, Mosselbaaiers en besoekers van sover as Zimbabwe en Namibië, het aan die Buffalo Rally se jaarlikse massarit deelgeneem.

Verrigtinge gaan voort by die De Bakke Santos feesterrein waar sowat 5 000 mense saamgetrek is by die 40ste Buff wat deur die Nomads Motorcycle Club van Kaapstad gereël word.
 
Die byeenkoms is die vanjaar die 12de keer op Mosselbaai aangebied.
 
Inwoners met wie die Mossel Bay Advertiser gepraat het was dankbaar om te hoor dat die Buff volgende jaar weer hier sal plaasvind.
 
Kyk 'n video hieronder.
 
 
VIDEO & FOTO: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser