“Dit is benewens die bedrae wat direk in die rekening, wat spesiaal vir die doel by Nedbank geskep is, inbetaal is. Ons was besonder geseënd met ‘n baie goeie opkoms en wonderlike weer,” het Dirk na afloop van die dag berig.
Steyn het die Diaz Waterpark tot beskikking gestel om geld in te samel vir ‘n prostese vir Punt-leerder Nicole van Rooyen, wat sowat drie weke gelede weens ‘n baie raar vorm van kanker haar regtervoet verloor het in ‘n poging om haar lewe te red.
Só goed het die dag verloop, dat Steyn voornemens is om na dese gereeld, ten minste een keer per jaar, ‘n geleentheid aan te bied om geld vir ‘n verdienstelike doel in te samel.
“Ek kan nie genoeg dankie sê nie. Die waterpark het gelewe van oud en jonk, skoolmaats en ondersteuners, dit het net weer gewys Mosselbaaiers is omgeemense.”
- Fondsinsameling vir Nicole gaan goed
- Staan vandag saam vir Nicole
- Staan saam vir kankerlyer
- Jong kankerlyer verloor regterbeen
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.