Die beskuldigde, Jerome Adams is skuldig bevind aan die verkragting van 'n 20-jarige en 35-jarige vrou.
Die verkragting het verlede jaar Meimaand in die vroue se huis in Greenhaven plaasgevind.
Op die aand van die voorval het Adams die voordeur van die slagoffers afgebreek.
Hy het die vroue met 'n mes aangehou en om die beurt verkrag.
Adams is op heterdaad betrap toe bure van die slagoffers, hulle weens 'n geraas na die huis gehaas het. Lede van die gemeenskap het Adams aangehou totdat hy deur polisie gearresteer is.