- Santos - tot 20 Januarie - 09:00 tot 17:00
- Hartenbos - tot 20 Januarie - 09:00 tot 17:00
- De Bakke - 20 Januarie - 09:00 tot 17:00
- Klein-Brakrivier - tot 13 Januarie - 09:00 tot 17:00
Sekuriteit sal weer eens by die valhekke op die Blouvlagstrande van toepassing wees, en geen alkohol sal op enige van die strande of openbare parkeerterreine toegelaat word nie.
Periodieke strandpatrollies sal in samewerking met polisie verrig word ten einde misdaad te bekamp. Enige munisipale bywetoortredings sal ook tydens hierdie operasies aangespreek word. Dit sal onder meer die besit en gebruik van alkohol op die strandgebiede insluit.
Lewensredders sal daagliks van 08:00 tot 18:00 aan diens wees op strande wat as veilig vir swem vasgestel is.
Swemmers word gemaan om ag te slaan op die lewensredders se instruksies oor waar geswem mag word, en nie daarvan af te wyk nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'