MOSSELBAAI NUUS - By Erika Primêre Skool word daar daagliks ongeveer 300 maaltye aan kinders voorsien.
Die kombuistoebehore het veel te wense oorgelaat waarna die Rotariërklub van Mosselbaai besluit het om die nodige toebehore aan die skool te skenk vir Mandeladag.
Hier is die skoolhoof Denzil van Graan en die president van die Rotariërklub, Jan Gelderman en die twee vroue wat die kombuis bestuur, Joan Crause en Marilyn Olkers.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'