MOSSELBAAI NUUS - ‘n 37-jarige vrou is gisteraand in ‘n hospitaal op Mosselbaai dood nadat sy na bewering deur ‘n vriendin in die kombuis met ‘n mes gesteek is.
Mosselbaai polisiewoordvoerder, adjudant offisier Pieter Koekemoer sê die slagoffer, Celia Filander was gisteraand om 19:00 in ‘n argument met die verdagte betrokke.
Koekemoer sê die verdagte was besig om aandete te kook in ‘n kombuis in Tarka toe sy na bewering deur die slagoffer gestamp is. Hy sê die verdagte het Filander na bewering toe met ‘n mes gesteek.
Filander is by die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal dood verklaar.
Die verdagte sal later vandag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'