Die man, Thamsamqa Howard Sishuba, word van die moord op 'n Groot Brak-egpaar, Tewie en Eurika Human aangekla.
Sishuba is onder streng polisiebegeleiding na die hofgebou geneem waar hy voor Landdros Retha Pretorius verskyn het.
Sishuba het 'n blou denim en wit sweetpak baadjie aangehad. Landdros Pretorius het die saak na 12 Julie uitgestel vir 'n formele borgaansoek.
Intussen het polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie bevestig dat plaaslike polisie met buurlande se polisiespanne saamwerk om die tweede moordverdagte vas te trek.