MOSSELBAAI NUUS - Die naweek van 25 November het 'n span van Afrishore deelgeneem aan die jaarlikse Double Century-padfietswedren in Swellendam.
Die Double Century is ‘n uitdagende padfietswedren wat strek oor 202km waar 275 spanne met 12 ryers elk teen mekaar kompeteer.
Die Afrishore-span het vir die vyfde jaar bewys wat bereik kan word as ‘n span saamwerk.
Daar was drie nuwelinge in die span wat hul eerste Double Century gery het.
Die span het uitstekend saamgewerk as ‘n eenheid en is vir hulle spanwerk beloon met met die gesogte Charles Milner-medalje.
Die Charles Milner-medalje het ten doel om spanwerk te bevorder en word aan spanne toegeken waar al 12 ryers saam klaarmaak.
Ten spyte van ‘n gebarste buiteband, het Afrishore die wedren voltooi in ‘n baie goeie tyd van sewe ure en 34 minute.
Die 2017 Afrishore span het bestaan uit, Shirley Schmidt, Helen Brink, Barnize Lategan, Adri van der Westhuizen, Annemie Koen, Plaas Botha, Ricus Serfontein, Markus Pratz, Marius van der Mescht, Paul Kruger, Charles du Plessis en Erik van Eeden. Die bystand span was Cobus du Plessis, Zot Jacobs en Marianne van Eeden.
Die fietsryers van Afrishore het 'n gesogte medalje verower tydens die Double Century-padfietswedren.
Die lede van die Afrishore span wil vir Shirley Schmidt van Afrishore Shipping, bedank vir haar ondersteuning aan die span die afgelope jare, asook vir die verskaffing van die bystandvoertuig.
Die span wil ook die lojale bystandspan bedank vir hul hulp om te verseker dat die dag suksesvol afgeloop het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'