MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se mini Starganza het op 17 Oktober in die skoolsaal plaasgevind.
Tydens hierdie geleentheid het 20 seuns en 20 meisies meegeding om 'n plek in die top 10 seuns en top 10 meisies te behaal.
Die Starganza 2018 sal op 9 Februarie 2018 in die Mosselbaai-stadsaal aangebied word. Kaartjies sal vanaf 1 November by die skool beskikbaar wees.
Die volgende leerders is deur na die volgende ronde van Mnr en Mej Starganza:
Seuns: Joshua Hermanus, Frikkie Potgieter, Calvin Bezuidenhout, Arno Goosen, Luan Els, Tewie Janse van Rensburg, JP Marx, Lwazi Mpato, Tristan Thomas en Christoff Snell.
Meisies: Chanell Robertson, Lize Scheepers, Nadine Wandrag, Leandi Engelbrecht, Shancha-Lee Bernardo, Brintley Theys, Jill Valentyn, Bianca de Swardt, Caroli Byleveldt en Carli van Heerden.
Hierdie groep leerders is almal deur na die volgende ronde van die Starganza. Saam met hulle is mnr Aidan Vorster (beoordelaar), me Marinda van Niekerk (beoordelaar), me Wouri Delport (organiseerder), me Tania de Kock (hooforganiseerder), me Chanté D'Elboux (beoordelaar) en mnr Lance van Niekerk (organiseerder).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'