Die eerste voorval het in Kameeldoringstraat plaagevind. Heelwat later daarna is 'n huis in Geelhoutlaan geteiken. In hierdie geval het die verdagtes die veiligheidshek, wat toegang tot die perseel gee, van die spoortjie verwyder en hul voertuig tot in die erf getrek. Daarna het hulle die voordeur se veiligheidshek en die voordeur self oopgebreek.
Die misdadigers het met talle waardevolle items ontvlug, onder meer met juwele, 'n kluis wat wapens bevat het, 'n HP skootrekenaar, asook 'n Sinotech en Samsung-televisies.
Die kluis is gister in KwaNonqaba opgespoor.
Enige persoon wat oor inligting beskik, word versoek om die ondersoekbeampte, Sersant Adele Binneman, by 044 606 2200 te kontak.