Mosselbaaier verstom op The Voice SA

Vernon Barnard het die beoordelaars en verskeie lede van die gehoor in trane gehad met sy weergawe van One Direction se Story of my life.

MOSSELBAAI NUUSFLITS & VIDEO - Vernon Barnard (22), van Mosselbaai, se oudisie op The Voice, ‘n realitietsreeks met Bobby van Jaarsveld, Karen Zoid, Lira en Kahn Morbee, wat gisteraand, 28 Februarie, op M-Net uitgesaai is, het die hele Suid-Afrika gaande.
 
Vernon het die beoordelaars en verskeie lede van die gehoor in trane gehad met sy weergawe van One Direction se Story of my life.
 
“Ons is ongelooflik trots op hom,” het Biance van Rensburg-Fourie, Vernon se niggie en eienaar van die bekende Dynamic Dance Academy aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
 
Klik hier vir 'n video van die oudisie:
 
 
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser