Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 39-jarige man wat op Sondag, 7 Januarie vanaf 'n plaashuis in Brandwag vir etlike ure met verskeie kaliber vuurwapens op onder meer polisielede gevuur het, het steeds nie om borgtog aansoek kon doen nie.
Die man, wat tereg staan op 'n aanklag van poging tot moord, is sedert sy in hegtenisneming in aanhouding.
Die beskuldigde se borgaansoek is vandeesweek toe hy op Dinsdag, 30 Januarie voor die hof verskyn het, vir die derde keer uitgestel.
Volgens inligting het die beskuldigde, wat tydens sy eerste verskyning om regshulp aansoek gedoen het, se regsverteenwoordiger tydens die hofverrigtinge aan die saak onttrek.
Die saak is uitgestel na Maandag, 5 Februarie wanneer die beskuldigde om borgtog sal aansoek doen.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'