Update
MOSSELBAAI NUUS - Volgens bevestigde inligting is Louis Fourieweg weer vir verkeer gesluit tussen Danabaai en die dorp na hernude voorvalle van geweld.
Protesaksie het vroeg vanoggend weer in Mosselbaai begin.
Verkeer op Louis Fourieweg vanaf Hartenbos na Mosselbaai is baie hewig en inwoners word gemaan om ekstra tyd in te ruim om by die werk en skole te kom.
Verkeersvloei tans op Louis Fourieweg (tussen die dorp en Hartenbos) is sowat 5 tot 10 km/h.
Op die N2 staan voertuie tot by Seemeeupark terug, verwag dus vertragings.
Verwag vertragings op die N2.
Lees vorige artikels:
• Protesaksie: Mosselbaai-paaie weer oop
• Protest action flares up
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'