Sedert Junie heers daar groot opgewondenheid by Pick n Pay in die Hartenbos Seefront Sentrum. 'n Splinternuwe Nissan NP 200-bakkie was op die spel vir een gelukkige kliënt wat vir R250 of meer aankope gedoen het. Op Saterdag 28 September het Johan du Plessis as onafhanklike ouditeur die trekking hanteer. Daar is 10 gelukkige kliënte se aankoopstrokies getrek waarna almal hul koeverte gelyktydig oopgemaak het. Niekie van Staden het egter die breedste geglimlag aangesien hy die trotse nuwe eienaar is.
Vote submission failed. Please try again later.