RUGBY NEWS - Vier Oakdale-rugbyspelers het die naweek van 19 tot 21 Maart deelgeneem aan die Saru virtuele oefenkamp.
Die spelers, Neil le Roux, Phillip Kleynhans, Paul de Villiers en Dian Heunis, vorm deel van die Saru EPD o. 18-oefengroep.
Volgens mnr. Adriaan Jansen, biokinetikus van die skool, is daar tydens die virtuele kamp veral klem gelê op posisionele vaardighede, kondisionering, rehabilitasie-tegnieke asook 'n gesonde eetplan soos voorgestel deur 'n dieetkundige.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'