PetroSA-werknemer weer in hof

MOSSELBAAI NUUSFLITS - 'n Skoftoesighouer by PetroSA wat op aanklag van strafbare manslag en die bestuur van 'n motorvoertuig terwyl onder die invloed van alkohol vandag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn het, se saak is uitgestel na 15 April.

Die 55-jarige beskuldigde van Heiderand is op 17 Oktober gearresteer nadat die 24-jarige Letisha du Toit op die betrokke aand verongeluk het toe sy met haar motorfiets teen 'n aankomende voertuig in 'n eenrigtingstraat by 'n afdraai van die N2 in die rigting van Langeberg-winkelsentrum gebots het.

Die ondersoekbeampte in die saak is Speurder KonstabelThami Canda van die Da Gamaskop SAPD.

Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser