Minibus ry teen huis vas

Die minibus taxi het gisteraand teen 'n huis vasgery. Foto: Dave van der Merwe.

MOSSELBAAI NUUSFLITS - Sover bekend het geen persone enige ernstige beserings opgedoen toe 'n minibus taxi gisteraand (15 April) in Sneeubergweg in Aslapark teen 'n huis vasgery het nie.
 
Dit is nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Mosselbaai se nooddienste was gou op die toneel om hulp te verleen. Aansienlike skade is aan die woning aangerig.
 
Meer inligting volg soos dit bekend word. 
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus' 
 
 
 


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser