Dorp van die Jaar: Stem vir Mosselbaai

Pragtige Mosselbaai. Foto: Tersia Marais

MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Mosselbaai is genomineer as semi-finalis in die Kwêla Dorp van die Jaar 2017 kompetisie.
 
Daar is nog tyd tot môre, Dinsdag 21 Maart om 12:00 om te stem.
 
Al wat nodig is, is dat inwoners ‘n SMS met die woord Mosselbaai stuur na 33157, en dat elke inwoner hul vriende en familie motiveer om dieselfde te doen.
 
Slegs 30 SMS’e per selfoonnommer. R1,50 per SMS. 
 
Mosselbaai Munisipaliteit se Speaker, Raadsheer Petru Terblanche, daag alle besighede, ouers, oupas en oumas - eintlik enige persoon - uit om die jongklomp met R50 te borg om SMSe te stuur vir die kompetisie. Elke selfoonnommer word net 30 SMS’e toegelaat, dus kan elke kind 30 SMS’e stuur en R5 verdien vir hul moeite.
 
Stem nou!
 
Kyk 'n video hieronder.


 
VIDEO: WESSEL VAN HEERDEN
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser