Eerste dag van skool op Hartenbos

Hierdie graad 1 leerders van Laerskool Hartenbos het nie eens ‘n traan gepink nie. Hulle juffrou, juffrou Karg en seker gemaak dat elke leerder weet waar hy moet sit.

MOSSELBAAI NUUS - Skole op Mosselbaai het soos die res van die land hulle deure oopgemaak om duisende nuwe graad 1 gesigte te verwelkom. 
 
Die woordvoerder van die departement van basiese onderwys, Elijah Mhlanga, sê sowat 1 miljoen leerlinge gaan jaarliks graad 1 toe.
 
Daar was vanoggend ook groot opgewondenheid by Laerskool Hartenbos met die begin van die nuwe skoojaar. 
 
Hou ons webwerf en Facebook-blad dop vir die nuutste foto’s van Mosselbaai, Groot-Brakrivier en Friemersheim se graad 1’s.
 
 
Hierdie graad 1 leerder van Laerskool Hartenbos het nie eens ‘n traan gepink nie.
 
 
Die tweetjies geniet inkleurwerk op hul eerste dag.
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser