Bekende sakeman sterf

Hennie Rall van Henra Civil Contractors se gedenkdiens vind op Woensdag, 11 Januarie om 11:00 in die NG Kerk Moedergemeente plaas.

MOSSELBAAI NUUS - Hendrik Johannes Rall (59), eienaar en stigter van die siviele ingenieursfirma Henra Civil Contractors, laat 'n nalatenskap waarop sy familie en vriende opreg trots kan wees.
 
Hennie, die seun van André en Bettie Rall, is op 6 Januarie na 'n stryd met kanker oorlede.
 
Rall, wat met slegs 'n bakkie, karavaan, twee arbeiders, sy hond en 'n lening van sy ma sy maatskappy begin en tot 'n reus in die bedryf uitgebrei het, se afskeidsdiens vind op Woensdag, 11 Januarie om 11:00 in die NG Kerk Moedergemeente in Kerkstraat plaas.
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus' 
 
 


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser