Polisie lê beslag op daggabome

Altesaam 47 daggabome is vandag in ‘n huis in Ysterhoutsingel in Mosselbaai gevind.

MOSSELBAAI NUUS - Altesaam 47 daggabome is vandag in ‘n huis in Ysterhoutsingel in Mosselbaai gevind.
 
Die Mosselbaai SAPD het inligting opgevolg en op die daggabome wat tussen 30cm em 1.5m lank is afgekom.
 
‘n 27-jarige man is gearresteer.
 
Die man verskyn binnekort in die Mosselbaai Landdroshof.
 
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser