Bees-en-melkboere poog desperaat om BEK-entstof te bekom, maar dr. Muller Strydom van die George-dierehospitaal het aan Ilse Schoonraad van Group Editors gesê hy dink die Tuinroete sal eers in die 2de helfte van die jaar entstowwe ontvang, behalwe as jy in ‘n “BEK hotspot” is.
Strydom het Maandag vir die Wes-Kaapse landbouminister, Ivan Meyer gevra dat die Wes-Kaap dringend meer entstof kry.