Volgens Roetz was die rivier op daardie stadium nog nie vol in vloed nie. Twee ure later het die rivier se vlak drasties gestyg. Intussen gaan die soektog na Saag Jonker steeds voort. Polisieduikers is steeds besig om die rivier te fynkam, maar tot dusver is daar nog geen teken van hom of die voertuig nie.