Suiwer ekonomies is ontwikkeling gewoonlik ’n goeie ding, solank die infrastuktuur dit kan dra; en die mark sal besluit wanneer is genoeg genoeg. Hierdie is van die punte wat die nasionaal bekende ekonoom, Dawie Roodt, tydens ’n gesprek met Mossel Bay Advertiser-joernalis, Linzetta Calitz, uitgelig het. Roodt was op 21 Oktober vir die Mosselbaai-sakekamer se netwerkgeleentheid in die dorp en het vooraf met die koerant gesels. Video: Linzetta Calitz