Jannie Stander is so eie aan George as die Outeniquaberge wat waghou oor Buffelsdrift, sy groenteplaas net wes van George.
As jy in George woon en jy weet nie van Jannie nie, dan is jy voorwaar 'n inkommer! 'n Optimistiese boer in murg en been, glo Jannie vas dat die droogtegesteisterde George-omgewing nog lekker reën in die volgende paar maande gaan kry - want, soos hy sê, ons is nog so 250 mm onder ons jaarlikse gemiddelde en het hy vrede met dinge wat net in God se hande is.
Group Editors se Ilse Schoonraad en Cameron Squire het by hom en sy vrou, Amanda, op hul plaas oor alles en nog wat gaan gesels.